info@buecher-doppler.ch
056 222 53 47
Warenkorb
Ihr Warenkorb ist leer.
Gesamt
0,00 CHF

Magika

Angebote / Angebote:

Magika het lankal reeds in Valora uitgesterf. Nadat die gode die kontinent verlaat het, het alle tekens van towerkuns en magiese kragte verdwyn.Elowen Hanslou is as baba op die stoep van 'n vreemdeling agtergelaat en weet nie wie sy is of waarvandaan sy kom nie. Gewapen met 'n pyl enboog, bring sy haar dae in Die Donkerwoud deur en steur haar min aan die bangmaakstories van spoke en monsters wat mense steel. Tog verdwyn inwoners van haar tuisdorp vir jare reeds soos mis voor die son.Wanneer haar suster vermis raak en Elowen vermoed dat sy ontvoer is, reis sy na die hoofstad om die koning om hulp te smeek.Daar aangekom, ontmoet sy 'n gesluierde man en verloor haar hart dadelik op die aantreklike vreemdeling, min wetend dat hy die befaamde kroonprins van Viridis is.Toegang tot die koning is nie moontlik nie en die enigste wyse waarop Elowen hom kan spreek, is deur aan 'n kompetisie deel te neem waarvan die prys 'n uitnodiging na die koninklike Lentebal is. Dinge verloop egter nie volgens plan nie en weens 'n sameloop van omstandighede buite haar beheer, word sy van die allerverskriklikste misdaad aangekla.Intussen word sy deur 'n donker vyand agtervolg wat haar ten alle koste wil opspoor vanweë die kosbare magika wat in haar are loop.
Folgt in ca. 5 Arbeitstagen

Preis

38,50 CHF